VANFOKKINGTIES DAG 2&3

5 Comments Posted in Check-it, Live, shows on 21 September 2010

Dit is moeiliker om te blog op die pad as wat enige iemand besef. Die ouens wat dit reg kry is befok en fokkin goed. Dit is nou Dinsdag en ek kom nou eers daarby uit. Potch was ‘n baie goeie dag. Ek het sonder ‘n hangover wakker geword en gemission van die oggend af, my girlfriend by die lughawe gaan haal ens. In Potch aangekom is ons reguit na PUK FM vir ‘n vinnige interview met al die bands. Paar shooters gedrink en gaan soundcheck. Pablo’s was ‘n fokkin party. Al die bands het gekook en ek het toe gedurende die Fokof set 30 jaar oud geword. Die hele VANFOKKINGTASTIES was op stage en champange het gespat en almal het bietjie gedrink en geparty.

Die volgende oggend was van die ouens baie hangover en ander het beter gelyk. Ons het vroeg aand ‘n vinnige show gaan speel waar daar baie min mense was wat gekyk het, maar dit was nog steeds ok. Dit was vir ‘n charity, so ek hoop die ouens het darem enige geld gemaak. Ons het toe gerush na Hatfield Sq en die party het gefokkin pomp. Donders baie mense. VCK het gegooi soos nog nooit nie en toe FOKOF speel was die hele plek mal. Die hele VANFOKKINGTASTIES was weer op stage en almal het gesing en geparty en geafterparty by Aandklas tot na 6 in die oggend. Zebra & Giraffe se manne het ons kom join vir die joligheid. Ek het my ribbes gekraak maar dit eers later die dag besef toe die hangover my los. Dit was ‘n awesome toer met befokte vriende en befokte fans. Baie dankie, julle kook.

Ons maak weer so
Francois

COMMENTS (5)

Vanfokkingtasties in Hatfield was regtig befok gewees… Wel gedaan :P

Henno Kruger 21 Sep 2010 3:52 PM

REPLY TO THIS

Dankie. Ons het dit baie geniet. Pretoria rule!

vck 21 Sep 2010 4:08 PM

REPLY TO THIS

Hatfield was hectic! Ek het n hele paar blou kolle en n blou oog! Maar dit was alles die moeite werd!!!

Annelize 21 Sep 2010 4:06 PM

REPLY TO THIS

dit was fokken awesome in potch

Ben 21 Sep 2010 4:14 PM

REPLY TO THIS

Jy weet dit!

Marike 21 Sep 2010 9:41 PM

REPLY TO THIS