WIE’S BANG Toer Dag 3, 4 & 5
- Alle FTV pics deur Francois Lion-Cachet –
- Alle Arcade Empire pics deur AJ Howard –
- Alle Tanz Cafe pics deur Sean Brand –
Hier is ons nou terug in Kaapstad. Dit is regtig moeilik om by die tour diary uit te kom terwyl ons op die pad is. Interviews, shows en hangovers is baie om mee te deal as ons travel. Ok, kak verskoning. Hier gaan ons.
Op die derde dag het ons gejol by FTV in die Silverstar Casino. Altyd ‘n fokkin voorreg om daar te jol, die hotel te bly en om geld te verloor in die casino. Die shows was great en ons het saam met 2 jong bands van die omgewing gespeel wat lekker rock ‘n roll lewend hou in die Randfontein, Krugersdorp omgewing. Sliffy Mcdisko & Old brown & the sherries. Lekker saam met die jong manne ook geparty. Die ander band is ons chommies van Vanderbijl. Wake to Wonder. Ook gekook soos gewoontlik. Ons was laaste op stage en die jol het gekook en die dames en ouens voor in die crowd het gesweet en gesing. Goeie vibes, all round!
Die voglende dag het ons gemission Pretoria toe en wou bietjie slaap in haal. Ons was toe vroeg by soundcheck, maar het baie lank vir ons sound dude, Marinus, gewag. Hy het een of ander probleem met die desk gehad. Toe baie later gecheck en paar drinks gedrink en van die awesome chow by Arcade Empire gesample. Eventually ‘n uur of 2 gaan slaap en toe die show gaan check. Ek het die eerste 2 bands gemis. Habit to en Action Thrillers. Bietjie van die nuwe Sesling gecheck. Klink befok. Planet Joy is ook cool. Ek sal hulle graag weer wil uitcheck. Nudies was toe voglende op, maar daar was heavy tech issues gewees. Theo se amp het gekak en dit het omtrent ‘n uur gevat om alles aan die gang te kry. Die Nudies het gekook soos altyd. Ek het saam gesing op Totally Committed en Blue Eyes, was awesome. Ek is so lank al ‘n moerse fan. Ons is toe eers 01:00 op stage. Baie dankie dat julle almal nog tot laat gebly het om die vibe uit te check. Dit was nog steeds ‘n awesome show. Bietjie geparty saam met die Nudies na die show en gaan slaap.
Volgende oggend vroeg op en na die SABC in Aucklandpark. Interviews gedoen met SAFM se Michelle Constant en ook een met RSG gedoen wat een die 16de Desember uitgesaai word. So, hou daai oop. Ook reguit van daar gemission na ons accommodation toe. Bietjie geswem. Dit was kak warm in Jozi. Tanz toe vir soundchecks. En toe het die aand begin rol. Ons was redelik vroeg by die show en het vinnig vir Action Thrillers uitgecheck. Hulle is ‘n baie cool band. Het ook ‘n goeie Muse cover afgepull. Ons was voor die Nudies op stage. Was nogal nervous gewees. Daar was members van Fuzigish, Lithium, Parlotones, Shadowclub, Heuwels Fantasties en Battery 9 in die crowd. Ons het lekker gejol, ten spyte van bietjie technical issues. Die mense het getune dit was amazing. Ons het toe bietjie in JHB gaan jol by Red Room tot die bar toe gemaak het. Bietjie kak gepraat met die ander band ouens.
Baie dankie aan ons toer sponsors wat die trip vir ons moontlik gemaak het. Jagermeister, Monster Energy, Music Connection en Macbeth Footwear SA!!
So, dit is die einde van die eerste leg van die launch toer.
Hier is die volgende launch datums, hoop ons sien julle daar
10 Desember – Buckley’s, Bellville
21 Desember – Bazooki’s @ Club Mykonos, Langebaan.
23 Desember – Cheers Pub, Struisbaai.
27 Desember – Sandbaaisaal, Hermanus
28 Desember – Zanzibar, Plettenbergbaai
29 Desember – Diaz Strand Hotel, Mosselbaai
30 Desember – Club Havanna, J-Bay
31 Desember – GrootGeesRockFees, Stilbaai (Agter Stables) 11h00 – 12h00
31 Desember – TUKS NYE Party, Pretoria 21h00 – 22h00








































