Hey ouens & dames
Ons het besluit om ons blog weer bietjie meer te gebruik, want daar is ‘n paar exciting dinge wat op die oomblik in Kartel wereld gebeur. Ons is besig met ‘n trippie teen die Ooskus en het gisteraand in PE gejol. Ons slaan vanaand Oos Londen en more Mosselbaai.
Volgende week record ons die eerste single van ons nuwe album wat Desember sal uit wees. Die tune se naam is ‘Vir Almal’ en ons gaan weer terug B-Sharp studios toe om te track en ons bra Peach sal weer produce. Einde volgende week klap ons die SAMA’s. Hopelik kry ons hom weer. Dan fokof ons London en Amsterdam toe vir ‘n paar shows. Ons is ook besig om ons eerste comic – Wie’s bang? – klaar te maak. Daar kom vyf uit voor die album uitkom in Desember en hy kom binnekort uit. Watch this space.
Ons het gister die pad van die kaap af geklap met ‘n paar nuwe perde saam met ons Devon, Gavin en Bossie is vriende van Jason wat ons help met al die sound kak. Goeie perde en Devon het darem ‘n bietjie jol gehad. Dit het so 2 ure van die lang drive afgesny.
Die jol gisteraand was befok. Detroit Motot Spirit is een van die beste venues wat ons al gespeel het in PE. Ons het al saam met Bittersoet September gejol, ken hul van rockspaaider en Huis Najaar is PE se Heuwels. Albei was lekker. Maar die party het eers begin pomp aan die einde van ons set. Ons het Jason se sound gehad, so dinge het beter geklink as gewoontlik. Bietjie geparty na die tyd en Jason het my wakker gesnork heel aand.
Goeie fokkin tye, sien julle vanaand by Raggies in Oos Londen
Waar is ons peeps in Mosselbaai? Book vir julle ‘n tafel in die Barnyard, Saterdag. Gaan befok wees.
Bel die nr. 044 698 1022 / 082 494 6403





















COMMENTS (1)
What a trip outies..julle musiek en vibes bring my tot in stilstand elkedag..net om te se ek love die tunes!rock on ouens julle is vokken legend verby!!!!