- Alle live shots deur ons mail man Sean Brand –
Jammer, dit is nou die eerste keer wat ons tyd kry vir ‘n blog. Die laaste 2 dae was regtig befok. Ons is so bly dat WIE’S BANG nou uit is en dat die julle dit nou kan hoor. Dit was ‘n befokte proses vir ons om dit te skryf en hoop regtig julle geniet dit.
Ons het Ultrafest & Kirstenbosch gespeel net voor die toer begin het, dit was lekker vibes, maar die toer het eers oordentlik begin die week Dinsdag by Firkin. Dit was ‘n donnerse mal party en dit is awesome dat ons ‘n free show kon gooi en dat Firkin dit moontlik gemaak het. Julle moet daai venue support as daar bands jol waarvan jul hou. Goeie vibe. Die show was befok. Almal was kak nat gesweet en ek scheme dit was die eerste show wat ons ons nuwe live set lekker gegooi het. Solid as a rock.
Gister is ons fokkin vroeg op na ‘n bietjie party, het ‘n interview by TuksFm gedoen en Rob het ‘n klomp van die nuwe tracks gejol. Die ander manne is later na ons accommodation en ek het ‘n interviewe shoot met Heat gaan doen. Dit was nogal heavy. Gisteraand was die jol weer aan by Barcode in Boksburg. Dit is ‘n lekker venue vir bands. Die dansmusiek is net ‘n bietjie kak na die show verby is. Die Tuin Dwergies en Mike van One Day Remains het ons gejoin en ons het lekker saam met die ouens gechill en ‘n befokte show gejol. Ons is so vroeg as moontlik daar uit om krag te spaar vir die res van die shows.
Ek sit nou hier in my hotelkamer in Silverstar Casino. Vanaand klap ons die FTV hier in sy fokkin moer in. Daar is ‘n paar lekker bands wat saam jol en ek gaan hulle def uitcheck en more bietjie vertel hoe dit was.
Befok. Baie dankie vir die support op die toer sover. Dankie dat julle die Cd’s purchase!
Sien julle by die 2 shows die naweek!
Date: Friday 2 December 2011
Line-up: Van Coke Kartel & Springbok Nude Girls & Planet Joy and Action Thrillers
Venue: Arcade Empire, Cnr Hans Strydom and N4, Pretoria
Cover: Limited Pre Sold tickets at ticketbreak.co.za at R80 p/p and R100 at the door on the night.
Contact: Robert Peirera / 0720206120 / robert@iloveptown.co.za
Time: Doors open at 19h00
Date: Saturday 3 December 2011
Line-up: Van Coke Kartel & Springbok Nude Girls & Action Thrillers & Planet Joy.
Venue: Tanz Cafe, Buzz Shopping Centre,Witkoppen Rd, Johannesburg
Cover: Pre Sold via tanzcafe.co.za for R120 p/p. Tickets will be R150 at the door.
Contact: 011 658 0277 / garrick@tanzcafe.co.za
Time: Doors open at 20h00
Win the last double ticket for the Cape Town listening session TONIGHT!
Win another double ticket to our Cape Town WIE’S BANG listening session
Ons hou ‘n listening session vir ons vriende en media by Sgt. Peppers in Long Str, Woensdag die 2de Nov. WIE’S BANG sal die eerste keer in die publiek gespeel word. Daar is net 2 vrae wat jy moet beantwoord om ‘n double ticket te wen. Wie het die album produce? En waar is die album gerecord? Comment op die website post met jou antwoord. Die wenner sal vandag randomly gekies word!
Liefde
VCK
Win ‘n double ticket to the Cape Town pre-launch WIE’S BANG listening party
WIE’S BANG album cover & track list nou bekend!
Nou Of Nooit:
“Dit is ‘n harde rock tune met ‘n bietjie van ‘n punk invloed. Dit is Francois se gunsteling op die album. Jason se dreunende dromme hardloop van begin tot einde. Die tune vra maar net of daar iets eg in die wêreld oor is.”
Dis ‘n Land:
“Ons het die eerste lyn van die koor geleen by Carike Keuzenkamp se klassieke liedjie, “dis ‘n land van kleure en klank”. Dit is ons land.”
Dankie, Ek is veilig hier:
“’n Rustige song wat net werk. Dit gaan oor geld en die tekort daaraan. Hy is een van ons gunstelinge.“
Doodsdreigemente:
“Francois het hierdie song begin skryf na ‘n kommentaar op Mahala wat gesê het dit sal beter wees as hy dood was. Dit was seker nie regtig ‘n doodsdreigement nie, maar defnitief iets om oor te dink.”
Brein Verloor:
“Dit is ‘n grunge song. Dit is die eenvoudigste snit ooit met ‘n hoeklyn in die koor: ‘Ek wil my brein verloor’.”
Tot die son uitkom:
“Dit is ons eerste regte rock ballade. Jedd het met ‘n klassieke, sagte kitaar riff opgekom. In een middag het Francois en Jedd een van Van Coke Kartel se sterkste singles ooit gekomponeer. Verbeel jou Stairway to Heaven ontmoet Afrikaans.”
Einde Van Die Wêreld:
“Ons het die meeste tyd in pre-produksie op hierdie song spandeer. Dit het deur verskeie fases gegaan voor ons by die finale weergawe uitgekom het. Dis ‘n sagter rock tune met ‘n treffende koor: ”Ons sal altyd die einde vrees, dit gaan die einde van die wêreld wees”. Die song het ‘n onheilspellende ondertoon en met hierdie lirieke gee dit ‘n apokaliptiese gevoel.”
Moenie Dink Nie:
“ ’Moenie dink nie, moet ook nie te veel nuus kyk nie.’ Dit is ons sarkastiese uitkyk oor die situasie in ons land en die eindtye.”
Chaos (met Jack Parow):
“Hierdie song handel oor hoe chaoties die wêreld op die oomblik voorkom. Jack rap in die verse.”
Wie’s Bang:
“Dit is die eerste song wat ons saam geskryf het as die ‘nuwe en offisiële vierstuk Van Coke Kartel’. Voorheen het Francois en Wynand al die songs geskryf. Die titelsnit vat die tema van die album saam: die einde van die wêreld is naby. Die universele fenomeen rondom 21-12-12 beïnvloed baie van Francois se lirieke op die album.”
Nevermind:
“Nevermind het ‘n folky geur. Al ons vriende van Bellville (aKING, Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar), sing saam op hierdie een.”
Vir Almal:
“Dit is een van die hardste songs op Wie’s Bang en die tweede snit wat Van Coke Kartel geskryf het as die nuwe eenheid. Vir Almal is vervaardig deur Peach van Pletzen by B Sharp Studios. Hierdie snit slaan ‘n harde hou wat aangevuur word deur Francois se kragtige vocals.
Vir Almal is gratis beskikbaar by www.vancokekartel.com en is 7 000 keer binne die eerste 24 uur nadat die snit beskikbaar gestel is, afgelaai.”






































