In die land van die blindes is een-oog koning
Koning loop met die losprys weg
En moordenaars groet mekaar met ‘n hi-five
Ek wou my krane stadig afdraai
Maar die lotery is klaar gewen
met ‘n skoot deur die kop van ‘n magnaat
Dis ‘n land van kleure en klank
Dis ‘n land van liefde vir drank
Jy is nie ek nie, ek’s jaloers op jou
Dis ‘n land van korrupsie en goddank
Dis ‘n land van liefde vir drank
Jy is nie ek nie, ek’s jaloers op jou
Blameer die duiwel
Lippe bewe morsig en die spoeg spat
Oorgehaal maar beheer verloor
En ons vier dit met ‘n hi-five
Ek wou my krane regtig afdraai
Maar die lotery is klaar gewen
Met skote deur die bors van die magnaat
Dis ons land
Dis ‘n land van kleure en klank
Dis ‘n land van liefde vir drank
Jy is nie ek nie, ek’s jaloers op jou
Dis ‘n land van korrupsie en goddank
Dis ‘n land van liefde vir drank
Ek’s nie jy nie, jy’s jaloers op my
VIR ALMAL – Lyrics
VIR ALMAL
Vir almal wat twyfel
Vir almal wat stemme hoor
Vir almal wat ‘n goeie tyd het en dit probeer onthou
Maak die individu nou dood of verdwyn saam met my
want ek sien min van ons wat hier bly lewe
Leierskap die gebrek
‘n Kwarteeu van twyfel
Ek sal nie bitter word nie
Vir almal wat twyfel
Vir almal wat stemme hoor
Vir almal wat ‘n goeie tyd het en dit probeer onthou
Maak die individu weer dood
Probeer sy kop wat uitstaan terug in slaan
Ek sal my familie en vriende nader trek
Gee my oë agter my kop
Ek sal nie bitter word nie
Vir almal……..
Die een is vir almal
Vir almal wat kan hoor
Vir almal met iets tussen die ore wat nog wil droom
Vir almal….
New pics: Benoni – Cool Runnings
All photos by Juan White
New Photos: Hatfield Carnival
All photos by AJ Howard
Dit is moeiliker om te blog op die pad as wat enige iemand besef. Die ouens wat dit reg kry is befok en fokkin goed. Dit is nou Dinsdag en ek kom nou eers daarby uit. Potch was ‘n baie goeie dag. Ek het sonder ‘n hangover wakker geword en gemission van die oggend af, my girlfriend by die lughawe gaan haal ens. In Potch aangekom is ons reguit na PUK FM vir ‘n vinnige interview met al die bands. Paar shooters gedrink en gaan soundcheck. Pablo’s was ‘n fokkin party. Al die bands het gekook en ek het toe gedurende die Fokof set 30 jaar oud geword. Die hele VANFOKKINGTASTIES was op stage en champange het gespat en almal het bietjie gedrink en geparty.
Die volgende oggend was van die ouens baie hangover en ander het beter gelyk. Ons het vroeg aand ‘n vinnige show gaan speel waar daar baie min mense was wat gekyk het, maar dit was nog steeds ok. Dit was vir ‘n charity, so ek hoop die ouens het darem enige geld gemaak. Ons het toe gerush na Hatfield Sq en die party het gefokkin pomp. Donders baie mense. VCK het gegooi soos nog nooit nie en toe FOKOF speel was die hele plek mal. Die hele VANFOKKINGTASTIES was weer op stage en almal het gesing en geparty en geafterparty by Aandklas tot na 6 in die oggend. Zebra & Giraffe se manne het ons kom join vir die joligheid. Ek het my ribbes gekraak maar dit eers later die dag besef toe die hangover my los. Dit was ‘n awesome toer met befokte vriende en befokte fans. Baie dankie, julle kook.
Ons maak weer so
Francois






































