Dankie aan almal wat die shows die naweek bygewoon het vir ‘n befokte & weird tyd. Daar was al in die verlede traangas by een van ons show gespray, maar nie net vir mense wat mosh nie. Die sercurity het nie geweet wat hulle doen nie en ons is bly julle het gestick vir die show. Saterdagaand is ons bietjie gery deur al die klank issues en julle het nog steeds gebly en gewag al het ons fokkin laat gespeel. Befoch!

Hier is ook ‘n paar VCK Tattoos, check hulle uit. Ons gaan ‘n section op die site hê vir VCK tattoos en sal hopelik vir almal wat VCK tattoos het ‘n paar free show gee en so aan. Tune jul vriende om dit te post op die fanpage, of reply net op die post.
Good vibes
VCK

Check bietjie die pic’s van ons by die Billy Talent show deur Deborah Rossouw


Befok

TONIGHT Interview

No Comments Posted in Check-it, News on 12 August 2010

Check hier ‘n interview met Francois wat in die koerant was. Cick hier vir GETTING TO KNOW FRANCOIS VAN COKE

Enjoy

Post-Koppi Depressie

No Comments Posted in Live, News on 11 August 2010

As jy by van die 2 shows wat ons gespeel het die naweek was, sal jy ook seker scheme dit was befok. Net ‘n jammerte ek was fokkin siek en kon niks doen behalwe in die bed lê nie. Super koors en shit. Ek het ook die hele party misgeloop.

Gelukkig het ek nie die post-koppi depressie nie. Anyway, thanks vir die support by die jols. Die tyd op stage was awesome. Wynand het vir Jedd en Jason gaan wys hoe lyk die boonste bar by koppi en ek scheme hulle het fokkin lekker geparty. Ons het nou weer die kaap geslat en ek & Wynand probeer ons lewens uitsort. Ek is amper gesond. Dinge raak nou fokkin besig en ons begin amper weer skryf aan nuwe musiek.

Ons is in die kaap die naweek:

Date: Friday 13 August 2010
Venue: Nameless Pub, Somerset West

Date: Saturday 14 August 2010
Venue: The Assembly, Cape Town
- Hierdie is ‘n rockspaaider vibe, so daar is klomp skool bands en ons speel na die tyd – Dit is all ages, maar jy kan boose as jy ID het.

Good vibes
Francois

Ons is baie excited vir die naweek. Hoop ons sien julle by die show. Ek dink albei is nou uitverkoop.
Ons is aan die woord 21H00 net voor Billy Talent in die 3 Arts, more(Saterdag) en dan 23H30 op die Most Amasing Myn Stage by Koppi hierdie Sondag.
Hoop ek sien jou by die bar of by aan die jol.
Enjoy
Francois