diaries from the wide road

Ons vertrek more op toer.

No Comments Posted in shows on 14 October 2010

Hey daar.

Ek & Jedi het gisteraand ‘n acoustic show in Stellenbosch gejol. Dit het befok gegaan. Rock Room is befok en dankie vir al ons chommies en die res wat uitgekom het.

Ek & Wyn vertrek more na Bronkhorstspruit vir die eerste show op die trip. Ek speel net acoustic daar nie met die volle vibe nie. Die ander 2 manne kom Saterdag en dan gaan die kak begin spat en die Jager begin loop in oorvloed. Ek drink nie op die oomblik nie, so daar is meer vir jou.

Ons gaan elke dag van die trip die blog update. So, check die storie uit. Ons het ook 2 wonderlike fotomanne wat saam met ons gaan mission en daar sal elke dag hopelik nuwe pic’s ook op wees.

Hier is die finale datums:

15 Sink Shack, Bronkhorstspruit

16 Surrey Common, Midrand (Vroeg Aand, Bands begin 2pm)

16 Cool Runnings, Victory Park
INFO:072-383 4231

19 Steak ‘n Ale, Lyttleton
Book ‘n tafel by 012-645 5155

20 Cool Runnings, Benoni
INFO:072-383 4231

21 Cheeky Monkey, Montana

22 Firkin, Centurion
INFO/BOOKINGS: 012-663 4213

29 Hendrina Sportsclub

30 The Barnyard Theatre,Haenertsburg

VANFOKKINGTIES DAG 2&3

5 Comments Posted in Check-it, Live, shows on 21 September 2010

Dit is moeiliker om te blog op die pad as wat enige iemand besef. Die ouens wat dit reg kry is befok en fokkin goed. Dit is nou Dinsdag en ek kom nou eers daarby uit. Potch was ‘n baie goeie dag. Ek het sonder ‘n hangover wakker geword en gemission van die oggend af, my girlfriend by die lughawe gaan haal ens. In Potch aangekom is ons reguit na PUK FM vir ‘n vinnige interview met al die bands. Paar shooters gedrink en gaan soundcheck. Pablo’s was ‘n fokkin party. Al die bands het gekook en ek het toe gedurende die Fokof set 30 jaar oud geword. Die hele VANFOKKINGTASTIES was op stage en champange het gespat en almal het bietjie gedrink en geparty.

Die volgende oggend was van die ouens baie hangover en ander het beter gelyk. Ons het vroeg aand ‘n vinnige show gaan speel waar daar baie min mense was wat gekyk het, maar dit was nog steeds ok. Dit was vir ‘n charity, so ek hoop die ouens het darem enige geld gemaak. Ons het toe gerush na Hatfield Sq en die party het gefokkin pomp. Donders baie mense. VCK het gegooi soos nog nooit nie en toe FOKOF speel was die hele plek mal. Die hele VANFOKKINGTASTIES was weer op stage en almal het gesing en geparty en geafterparty by Aandklas tot na 6 in die oggend. Zebra & Giraffe se manne het ons kom join vir die joligheid. Ek het my ribbes gekraak maar dit eers later die dag besef toe die hangover my los. Dit was ‘n awesome toer met befokte vriende en befokte fans. Baie dankie, julle kook.

Ons maak weer so
Francois

VANFOKKINGTASTIES DAG 1

1 Comment Posted in Check-it, Live, shows on 17 September 2010

So hier is ons nou op die laaste official VanFokKingTasties toer oppad na Potchefstroom.
Ek het gister ‘n kak heavy dag gehad aangesien ek glad nie Woensdagaand geslaap het nie, maar heelnag partjie saam met ons einste nuwe manager Dawid Fourie gehou het.
Dit was ‘n kak idee.
Dis fokkin warm in Jozi en die akkommodasie was super kak. Ons vier het in ‘n Niknaks pakkie met twee bunkbeds geslaap.
Die vibe by Cool Runnings was befok. ‘n Paar tegniese probleme het ons dinge effe moeilik gemaak, maar die eerste live optrede van Huissiek Gebede saam met Laudo het vir alles opgemaak.
Ons het besluit om na die gig ‘n early aand te call.
Vannaand gooi ons Potch op sy rug. Ons is amped.
Marcus (VFKT organiser) verjaar vandag. Die man is 32. Geluk.
More verjaar Francois coke. Die big 30!!
Wynand

Check bietjie die pic’s van ons by die Billy Talent show deur Deborah Rossouw


Befok

Ons is baie excited vir die naweek. Hoop ons sien julle by die show. Ek dink albei is nou uitverkoop.
Ons is aan die woord 21H00 net voor Billy Talent in die 3 Arts, more(Saterdag) en dan 23H30 op die Most Amasing Myn Stage by Koppi hierdie Sondag.
Hoop ek sien jou by die bar of by aan die jol.
Enjoy
Francois

BRANDS BEHIND THE BAND