Ons vertrek more op die eerste leg van die WIE’S BANG launch toer:
29 Nov – Firkin, Centurion FREE SHOW!!
30 Nov – Barcode, Boksburg
1 Dec – FTV Silverstar Casino, Krugersdorp
2 Dec – Arcade Empire, Pretoria with Springbok Nude Girls
3 Dec – Tanz Cafe. Fourways, JHB with Springbok Nude Girls
Vir alle info oor die shows gaan click nou – GIGS
Luister ook na ons 2de single van die album – DIS ‘N LAND Om julle reg te maak vir die nuwe vibes.
Ons gaan ook WIE’S BANG cd’s en T-shirts by al die shows verkoop
Sien julle daar! Pop weer in by die blog, ons sal elke dag ook ‘n tour diary online sit!
Kry ‘VIR ALMAL’ nou verniet!
Kry nou – VIR ALMAL
Ons begin vandag ook die res van die album by Bellville studios record! Hou vas.
Hey ouens & dames
Ons het besluit om ons blog weer bietjie meer te gebruik, want daar is ‘n paar exciting dinge wat op die oomblik in Kartel wereld gebeur. Ons is besig met ‘n trippie teen die Ooskus en het gisteraand in PE gejol. Ons slaan vanaand Oos Londen en more Mosselbaai.
Volgende week record ons die eerste single van ons nuwe album wat Desember sal uit wees. Die tune se naam is ‘Vir Almal’ en ons gaan weer terug B-Sharp studios toe om te track en ons bra Peach sal weer produce. Einde volgende week klap ons die SAMA’s. Hopelik kry ons hom weer. Dan fokof ons London en Amsterdam toe vir ‘n paar shows. Ons is ook besig om ons eerste comic – Wie’s bang? – klaar te maak. Daar kom vyf uit voor die album uitkom in Desember en hy kom binnekort uit. Watch this space.
Ons het gister die pad van die kaap af geklap met ‘n paar nuwe perde saam met ons Devon, Gavin en Bossie is vriende van Jason wat ons help met al die sound kak. Goeie perde en Devon het darem ‘n bietjie jol gehad. Dit het so 2 ure van die lang drive afgesny.
Die jol gisteraand was befok. Detroit Motot Spirit is een van die beste venues wat ons al gespeel het in PE. Ons het al saam met Bittersoet September gejol, ken hul van rockspaaider en Huis Najaar is PE se Heuwels. Albei was lekker. Maar die party het eers begin pomp aan die einde van ons set. Ons het Jason se sound gehad, so dinge het beter geklink as gewoontlik. Bietjie geparty na die tyd en Jason het my wakker gesnork heel aand.
Goeie fokkin tye, sien julle vanaand by Raggies in Oos Londen
Waar is ons peeps in Mosselbaai? Book vir julle ‘n tafel in die Barnyard, Saterdag. Gaan befok wees.
Bel die nr. 044 698 1022 / 082 494 6403
New Photos – RAMFEST JHB
By Sean Brand
New Photos – RAMFEST JHB
By AJ Howard









































